Uno de Waal

Uno de Waal’s online space covering everything about web2.0, social networks and internet related developments in South Africa and how it fits in with the rest of the world.

Koshuis Jool temas


Jool Tema’s is vir my ‘n verskriklike snaakse ding. Hoe hulle die konneksie maak van hul koshuis na die tema verstaan ek nie mooi nie.

 
Kyk nou Eendrag en Huis ten Bosch. Ek kan die Eendrag sien, en dis nogals goed gedoen, maar ek mis ‘n bietjie vir HTB. Women on fire…? of is dit nie iemand anders sin nie? Kan iemand dalk verduidelik?

Technorati Tags: , , ,




13 Responses

  1. Appel

    04|Nov|2006

    Ek kan die HTB konneksie sien maar nie die Eendrag een nie. Wat het drake met Eendrag te doen? En ek dag hul amptelike kleur is blou, Huis Marais is groen.

  2. Johan Swarts

    05|Nov|2006

    haha…appel steek draak met eendrag.

  3. Annelie

    06|Nov|2006

    Ek dink die idee was ‘…drag’, soos in die einde van die naam EenDRAG…maar ek moes ook ‘n double-take doen, want in Engels klink dit of hulle sê “Drag (soos in cross-dressing) on Fire”…ek sê maar net :-)

  4. Annelie

    06|Nov|2006

    (By the way, jy’s reg - HTB is die ‘women on fire’ koshuis…)

  5. André

    07|Jan|2007

    Ai mense. Kyk bietjie mooi daarna. 1Drag - the 1 is part of the D and makes Eendrag. The Fire comes from HTB - they just love the stuff.

    DragonFire is just a play on the fantasy element of RAG - nothing more, nothing less. Besides, whoever said RAG themes were supposed to brilliantly executed marketing campaigns? Need I remind you of ‘RED die Reenboog’ or ‘PAM JOOLing’?

  6. Peanut

    10|Jan|2007

    hmmm… dalk moet ek bietjie verduidelik, siende dat die hele tema my breinkind was (en soos ek die laaste tyd agtergekom het, ‘n tema wat baie min mense uit staanspoor verstaan)

    Vir starters: probeer gou vir ‘n wyle een tema uitdink wat eendrag met huis ten bosch verbind, asook min of meer relevant is tot JOOL se tema, “merlin en monroe.” Voor jy jouself kry, sit jy met EenBosch, Eendraght(B), Huis ten Drag, DragHouse, One Fire en dies meer. Soms gaan twee koshuise se name net eenvoudig nie mooi saam nie, ander kere wel, soos bv. Serruria Eendrag Karnaval 03: SEKS (SEK3)… ai, as SEKS maar net altyd die oplossing was…

    Toe, uit die bloute (of soos julle verkies: groente), verskyn die tema 1DragONFire. As jy dit stadig lees is dit: Eendrag ON Fire, of 1dragONFire, wat dan DragONFire word. Dit dui, heel logies, op Eendrag wat aan die brand is vir JOOL 2007. En HTB is inderdaad die “Women of fire”-koshuis. En dan pas die “draak”-gedeelte, wat sodoende gevorm word, ook mooi aan by die fantasie-gedeelte van “Merlin&Monroe.” Of dit die beste tema aan die einde van die dag is, is debateerbaar. Ek verkies egter ‘n tema wat bietjie meer om die lyf het en ‘n tema waarna mens twee of meer keer moet kyk en nie net die eerste beste oplossing nie (hier gaan ek nie enige voorbeelde noem nie…)

    En terug by die SEKS (waar die meeste gesprekke in elk geval opeindig) kan mens ook, soos hierbo gesê is, bietjie draak steek…

  7. Matie

    15|Jan|2007

    Dit Lyk my of almal die punt van Jool miss. Dit is om Geld in te samel vir MGD en Fun te he op dieselfde tyd en natuurlik om die nuwelinge welkom te laat voel.

    As iemand wil kritiseer op ander koshuise se pogings en idees moet nie net 1 of 3 koshuise onder bring nie. Mention almal. Net omdat Eendrag, Dagbreek of Minerva (Drie grootste koshuise genoem,en eerste en 2de plekke van 2006, Nerina nie genoem) en hul partners dalk ‘n treat sal wees vir jou koshuis moet hulle nie onder bring hier waar dit nie rerig tel nie.
    Net 1DragonFire, PAM en RED is gemention. Wat van FHM, Shh ect ect ect. Almal het unike pogings en kom ons wag vir jool en sien wat die koshuise mee opkom voordat julle hul judge.

    Geniet jool. En doen dit vir ‘n goeie doel.

    Have Fun.

  8. Johan Swarts

    15|Jan|2007

    1. Geld vir MGD is nie noodwendig ‘n goeie ding nie. Hulle finansiële records is so opaque soos geverfde kondome.

    2. Pret is ‘n baie relatiewe term. My idee van pret is byvoorbeeld nié om iemand 4h die oggend te moet gaan uitkak omdat hy my deur skop en in die seksie se toilette kots nie. Dit is, in ‘n neutedop, die essensie van Jool - alkoholmisbruik.

    3. Nie almal voel welkom nie - slegs eerstejaars wat hulleself forseer in die kuddementaliteit wat in die dooptydperk gedy, kry ‘n soort pseudo-gevoel van aanvaarding en pret. Die “cool” ouens het ongelukkig nie uitgesterf op skool nie…

    Jool as jy wil jool, maar moenie begin voorgee dat dit ‘n rasionele, nuttige verskynsel is nie.

  9. Uno De Waal

    21|Jan|2007

    Ek verstaan die hele Eendrag on Fire ding, ek was net nie seker waar die On Fire ding vandaan gekom het nie, my kennis van verskillende koshuise se slagspreuke is maar min. Eintlik hou ek eintlik nogals van 1dragonfire as ‘n tema (anders as wat dit mag voorkom), dit is verseker meer kreatief as Pam Jooling. **shudder**

    Matie, ek verstaan nie heeltemal wat jou nou probeer segt nie… Dit klink vir my suspiciously baie asof jy iets probeer verdedig? Jy moet jou werks-disclosure erens insluit ne!
    Elkgeval, ek skryf hier daaroor omdat ek nie erens anders ‘n plekkie kan kry nie.

    (verstaan mense nie hoe blogs werk nie of is dit net ek…?) ek sal nog ‘n volle review van die tema’s doen. Dalk. Nie omdat ek enige authority het op die kwessie nie (ek het nie), maar omdat ek kan. I have blog hear me roar.

  10. Appel

    22|Jan|2007

    I hear you roar. Keep on roar.
    Ra Ra Ra!

  11. Gideon

    09|Aug|2007

    Wel, die slogans, vlotte, vensters, ens. vir die volgende skakeling tussen Eendrag en Huis ten Bosch sal ‘n “no-brainer” wees. Ek brand van nuuskierigheid…

  12. Stellenbosch does irony best at Uno de Waal

    10|Aug|2007

    […] you read my post on residence RAG themes last year you would have picked up that the logo/theme/concept was DragonFire, which was a play on […]

  13. Afgebrandene

    10|Aug|2007

    HTB het in 1983 afgebrand, en nou lyk dit my nadat Eendrag die draak gesteek het daarmee het dieselfde met hulle ook gebeur.

    Dalk is ‘n sin vir humor nie altyd ‘n goeie ding nie…


Leave a reply