Uno de Waal

Uno de Waal’s online space covering everything about web2.0, social networks and internet related developments in South Africa and how it fits in with the rest of the world.

8. Hoe bewus is mense van blogs, die Afrikaanse Wikipedia, Flickr en al daai?


Dit dink ek is minder. Mense gebruik maar myspace baie, en dan fotos (Flickr) is nie taalgebonde nie. Ek self gebruik af.wikipedia nooit nie. Ek het nog nie daarin belanggestel nie. As mens sou vra of daar ‘n online-presence van Afrikaans is dan sal ek Nee se^. Daar is sulke pockets van afrikaans, meestal gereserveer vir kids, soos op myspace, en dan die intelligentsia of wanna-be intelligentsia op LitNet (wat verseker nog ‘n web1.0 site is). Daar is nie platforms vir Afrikaans nie, ek weet ook nie of dit nodig is nie. Allesafrikaans.com het ‘n tydjie terug stil gelaunch en daar is moontlikheid vir goeie gesprek. Die site is nog nie heeltemal daar nie, maar die moontlikheid vir groei bestaan.
Die beste manier om jou afrikaans netwerke te groei is om sites wat jy huidiglik gebruik te Afrikaans-ify. Skep ‘n Afrikaanse groep op Flickr en Facebook, dit sal baie meer mense kry as ‘n fully-fledged afrikaanse site. Ek gaan lag as MK89 dit doen (wat moontlik gaan gebeur) en dit flop. Die vreemde ding is dat dit dalk mag werk omdat daar nog min jong, skool kinders op myspace is. Dit sal meer aanvaarbaar wees om op Mk89 rond te foeter as op myspace (in die ouers se oge nou).

Technorati Tags: , , , ,




17 Responses

  1. Johan Swarts

    28|Nov|2006

    Besef jy dat ons op ‘n manier baanbrekers is?

    Ons vorm deel van die heel eerste klomp Afrikaanse blogs ooit. Daar’s seker nou so 1000 - 10 000 (ek het geen inligting nie, ek raai hierdie…dalk is my getalle selfs heeltemal te groot…) Afrikaanse blogs daar buite. Dis belaglik min wanneer ‘n mens in terme van internetgetalle begin praat.

    Hulle moet ‘n monument oprig vir ons ;-)

  2. Gerhard

    28|Nov|2006

    Kom ons som op wat jy eintlik hier se:
    1. Afrikaanse programmeerders en Web - kundiges moet maar opgee - gebruik eerder die Amerikaanse web-dienste, en laat hulle die inkomste daaruit geniet.
    2. Web2.0 is die enigste maatstaf van waarde - die inhoud tel nie.
    3. Afrikaans het nie sy eie platforms nodig nie, ons moet maar ‘n plekkie soek op die buitelandse platforms.
    4. As Afrikaanse web-pogings faal, sal jy dit snaaks vind.

  3. Gerhard

    28|Nov|2006

    Mmm - my kommentaar is op Uno se simpel opinies - nie op Johan se kommentaar wat ek nie aanvanklik gesien het nie.

  4. Johan Swarts

    28|Nov|2006

    Hmmmmmmmmmmmm…

    Dit lyk my daar’s ‘n bug in die rondte. Dit lyk asof Wordpress skielik nie meer die nuutste comments wys behalwe as ‘n mens ‘n nuwe post maak nie.

    (Behalwe as mens op ‘n post self click. Dan werk dit mooi.)

    Ek het klaar ‘n hooivurk…KOM ONS STORM HULLE HOOFKWARTIERE!!!

  5. sessa

    29|Nov|2006

    Phew, ek sit obviously die pot heeltemal mis hier. Jirre maar jul is pro-afrikaans! Niks fout. Ek blog in Engels, want ek verkies dit so. Daar is meer engelse lesers, dus is die engelse mark net groter. Afterall, web presence gaan oor popularity.
    Ek stem saam met Uno m.b.t die huisie bou op n internationale platform. Dis dan reeds well-established en dit kry baie hits, dus is dit veel meer populer as wat ‘n afrikaanse flickr gaan wees. Eintlik, dis net plein fokken stupid.
    volgens my is die web baie cosmopolitan en soos dit vir my nou hier lyk, klink dit asof Gerhard ‘n klein afrikaanse eiland wil skep op die http://www. Ugh, dis vervelig.

  6. Uno De Waal

    29|Nov|2006

    1. Afrikaanse programmeerders en Web - kundiges moet maar opgee - gebruik eerder die Amerikaanse web-dienste, en laat hulle die inkomste daaruit geniet.

    Nee, hulle moet piggyback op Myspace. Net omdat jy piggyback beteken nie dat jy nie hoef geld te maak nie. Jy moet net ‘n secondary product ontwikkel. En dan as dit op dreef is kan jy begin dink aan ‘n groter ene. Alles Afrikaans is ‘n goeie plek om uit te check wat moontlik gaan opspraak maak, en wat sy eie ding probeer doen.

    2. Web2.0 is die enigste maatstaf van waarde - die inhoud tel nie.

    Erm, dis juis die inhoud wat tel. Net omdat jou site so ‘n paar web2.0 check-boxes kan check beteken nie dat dit bruikbaar is nie. Die moeilikste ding is om daardie content te kry en die rede hoekom die sites so groot en sterk is (soos YouTube en Myspace) is agv daardie content, wat mens gaan sukkel om te kry in grootmaat.

    3. Afrikaans het nie sy eie platforms nodig nie, ons moet maar ‘n plekkie soek op die buitelandse platforms.

    Wel, dalk ja. Ons het ons eie platforms, en dit is heel aktief. Kyk vir Litnet. Hulle het egter net nog nie heeltemal aangecatch nie. Ek is net nie oortuig daarvan dat ‘n site wie se primere doel is om mense wat Afrikaans met mekaar praat te laat connect gaan jy die pot mis pis. Mense soek stuff oor bands, partys, music videos en so aan, hulle soek content, en as jy ‘n klein user-base het gaan mense nie dit gebruik omdat daar te min content is. Daar is plek om te praat oor ideologiese beginsels en verreweg filosofiese denke, en dit bly by die intelligentsia en gaan nie by mense uitkom wat net ‘n lekker tyd soek nie. Nie almal is op die warpath nie.

    4. As Afrikaanse web-pogings faal, sal jy dit snaaks vind.

    Ek gaan lag omdat hulle probeer het om moerse hip en with it te wees en dan nie dit verstaan nie, soos wat Samsung onlangs gedoen het. Dit is eintlik waar die trick in kom om dit authentic te laat lyk. Dit is presies wat Die Burger ook nou gedoen het. In pleks van die tegnologie ordentlik gebruik het hulle ‘n afgewaterde weergawe gebied, wat moerse flashy lyk, maar nie eintlik enigiets doen nie.

  7. Johan Swarts

    29|Nov|2006

    Hmm…is ons nie besig om te vergeet van die groeiende Afrikaanse gemeenskappe oorsee nie? Ek kry daagliks gereelde besoekers op my blog vanuit Brittanje, Kanada, Australië, Indië (statcounter is wonderlik…) - ek weet nie wie hulle is nie, maar wat ek wel weet, is dit:

    1. Hulle lees gereeld wat ek skryf - daar is dus ‘n “mark” vir my woorde
    2. Hulle is beslis Afrikaanssprekend, aangesien ek Afrikaans skryf. (Jy kan seker die argument maak dat hulle nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie en net kom vir die mooi prentjies, maar ek reken dis ‘n bietjie far fetched ;)
    Dis juis oorsese Afrikaanssprekendes wat (so raai ek) Afrikaanse blogs lees - miskien omdat hulle homesick is?

  8. Uno De Waal

    29|Nov|2006

    Johan: Ja, die rede hoekom meeste van jou hits van oorsee af kom is omdat hulle nie ‘n friggin monopolie op hulle communication internet het nie! Friggin Telkom. Ek wonder ook soms oor daardie stats… ek het mense in Thailand… nogals ‘n groot blip, dis bietjie weird vir my.

  9. Gerhard

    29|Nov|2006

    Ek dink Johan is heeltemal reg - ek woon in Engeland - in die aand by die huis wil ek nie nog engels hoor of lees nie, en ek dink daar is baie soos ek. Ook in SA (nou nie Stellenbosch nie), kan ek dink daar is mense wat soos ek voel, want hul hele hele werkslewe is Engels. Mens begeer seker maar altyd dit wat jy nie het nie.
    Ek het by MySpace rondgekyk, maar kon nie vatplek kry nie - nie oor dit Engles is nie - ek het baie Engelse sites waarvan ek hou.
    Uno skryf: ‘Mense soek stuff oor bands, partys, music videos en so aan’ - dit verraai jou ouderdom en uitkyk op die lewe. Daar is ander dinge ook wat mense interesseer, en waaruit jy kan geld verdien as jy dit bou. Daar is vreeslik baie niche - behoeftes op die Net wat die moeite werd is om iets voor te bou.
    Ek kan glad nie insien dat enige iemand sal wil piggyback op Myspace nie. Enige instansie of maatskappy wat ‘n interessante, unieke site wil he, laat dit bou - en betaal baie geld daarvoor - dis in elk geval my ervaring.
    Die maatskappy waarvoor ek werk, het byvoorbeeld ‘n webbladsy vir fiets-winkels gebou. Jy sal nie glo hoeveel verkeer daardie site kry nie - dag en nag.
    Ek kan nie nie begryp dat ‘n student van Stellenbosch so negatief is teenoor die idee om nuwe goed in Afrikaans te bou nie - dis juis nou die tyd. Oor 2 of 3 jaar het almal breeband, en kan jou site dalk een van die wees wat tel.
    Vat nou maar vir Litnet - daar is interessante goed op Litnet, maar die tegnologie en ontwerp laat veel te wense oor - eintlik wys dit maar net die site se ouderdom. Daar is groot geld agter Litnet, en dis tyd om die site fundamenteel oor te doen.
    Wat ek graag wil sien is dat hulle Afrikaanse ouens gebruik om ‘n nuwe ding te bou, eerder as om ‘n duur program oorsee aan te koop.
    As hulle besluit om te bou eerder as om te koop, wie gaan hulle kies - dalk die ou wat reeds ‘n interessante interaktiewe site in Afrikaans gebou het? En Litnet is maar net een soort site.
    Afrikaanse mense is traditioneel nie ondernemend genoeg nie - werk maar eerder vir ‘n baas. Maar ek sou dink met die huidige stand van sake in SA, is ondernemingsgees meer van belang.

  10. Uno De Waal

    29|Nov|2006

    Ja soos ek ook meen, meeste van die Afrikaanse mense wat online is is eintlik oorsee in Australie of Engeland agv die internet koste hierso.

    Ek het nog nie so gevoel soos jy nie, dat ek gatvol is van Engels nie. Ek het die afgelope tydjie baie gepraat oor Afrikaans en voel bietjie meer sensitief daaroor, maar is nie uiters gepla wat my medium van kommunikasie is nie.

    Oor Myspace, is dit dalk omdat die beginsels van die site jou pla? Enige social-networking sites waarvan jy hou?

    Hehe, ja dalk verraai dit my ouderdom, maar ek steek dit nie weg nie. My belangstelling in myspace is nie om deel te neem daaraan nie (alhoewel ek doen) maar eerder om daaroor te skryf, en sien hoe mense dit gebruik. Dis so ‘n bietjie Meta.

    So tydjie terug het ek gehoor dat die Internet het nou elke persoon ‘n niche-mark gemaak, wat ontsettend waar is as mens kyk na online advertising en hoe geteiken mens kan wees vir advertensies.

    AllesAfrikaans.com was ‘n probeerskoot om juis so ‘n aanlyn gemeenskap aan die gang te kry, probleem was dat 3 uit die 5 stigterslede het toe op ‘n homophobic en racist rampage gegaan wat beteken het die site moes toe maak. Dit was nou die ouens wat die site gebou het. Hulle sit in Engeland. Ek gaan moontlik nou uithelp met die ontwikkeling daarvan.

    Ek stem heeltemal saam met jou op LitNet. Hulle het net nog geen idee hoe om wat hulle het te ontgin nie en werk op ‘n helse old-skool publishing system. Dammit ek moet leer code!

    Ek sien nie hoekom mens Afrikaanse ouens moet gebruik nie… Die programming agter dit beteken nie juis iets nie… Daar is baie afrikaanse ouens wat sites bou, in Engels, nog niemand het al na hulle toe gekom nie. hulle hoef mos tog net ‘n basiese kennis daarvan te he? So ‘n aanstellingsproses sal so ‘n bietjie affirmative-actionrig wees dan nie?

    Het jy al mygenius.co.za uitgecheck? Dit is ongelooflik. Ek het al met vrek baie mense geconnect daardeur. Ek sal later die Afrikaanse stats vir dit deurstuur.

  11. Johan Swarts

    30|Nov|2006

    “Johan: Ja, die rede hoekom meeste van jou hits van oorsee af kom is omdat hulle nie ‘n friggin monopolie op hulle communication internet het nie! Friggin Telkom.”

    Actually kom die meeste van my hits van Suid-Afrika af ;-)
    “Die maatskappy waarvoor ek werk, het byvoorbeeld ‘n webbladsy vir fiets-winkels gebou. Jy sal nie glo hoeveel verkeer daardie site kry nie - dag en nag.”

    Verkeer! Bahahahahaha…

    (Is dit net ek wat dink dis skerp?)

  12. Appel

    30|Nov|2006

    Jirre mense, julle het baie tyd op julle hande. Kry ‘n job for god sake.

    Johan: 1. Please don’t flatter yourself. Net omdat Annesu de Vos jou blog lees beteken nie die hele Kanada (en alle ander xpats) doen nie. 2. Jy is nie ‘n baanbreker nie, daar was baie Afrikaanse blogs voor jou. 3. Jy het sopas bewys Wordpress suck.

    Uno: 1. Ek het vanoggend af.wiki gebruik omdat ek my oordrom gebars het. Dis kak seer en ek kan fokkol hoor en omdat ek te bang was vir ‘n dokter wou ek in my eie taal iemand hoor vir my verduidelik wat fout is met my. 2. LitNet is in fact Web 2.0 compliant. Hulle het onlangs ‘n nuwe site gekry: http://www.litnet.co.za. 3. Concerning jou concern vir Afrikaanse content itv video’s kan jy die video’s op Die Burger se website kyk of selfs my video’s op YouTube. Believe if or not maar ek kry elke week 1 nuwe subscriber, daar is nou al 40. En elke dag los iemand ten minste een (1) boodskap van kommentaar op my video’s, hoofsaaklik in Afrikaans, maar meestal ook gebrekkige Engels. Dit sê iets nie net oor ‘n honger vir video’s in Afrikaans op die internet nie, maar net plain weg vir video’s. Ek het ook geleer dat jy mense kan kwaad maak deur video’s in Afrikaans te maak waarin jy Afrikaanse helde afrip. Gaan check my Groot Krokodil se klein marimba-video uit.

    Gerhard: Jou kommentaar val op dowe ore.

    Stefan: Jy’s cool. Respekt (soos Ali G dit stel). Alhoewel jy Engels skryf op jou blog en MySpace is ek bly jy lees nog ons Maties se blogs en lewer kommentaar daarop. Dis nie elke dag dat ‘n mens Ikeys soos jy ontmoet nie.

    Boiyakasha!

  13. Swerwer

    30|Nov|2006

    Uno, iemand het die kat aan sy agterkant beet. Allesafrikaans is nie van lyn a.g.v. rassisme, ens. nie.

    Daar was onderlinge verskil oor die inhoud en die rigting wat AA beweeg het. Daar is besluit om die naam te verander na Interafrikaans en die webwerf verander na ‘n aanlyn interaktiewe tydskrif.

    Dit is ‘n unieke konsep in Afrikaans. Artikels, rubrieke, ens sal aanlyn verskyn met interaktiewe besprekings gekoppel aan elke artikel.

    Die algemene chat forum sal steeds daar wees. Ons is van lyn weens skuif na ‘n nuwe bediener asook om die tydskrif reg te kry vir sy launch 10 Desember.

    Die oorspronklike AA is aan een van die stigterslede gegee om mee aan te gaan. Die vier ander lede bly betrokke by IA.

    Hoop ek sien julle almal daar!!

  14. Uno De Waal

    30|Nov|2006

    Swerwer: Ok, dan kan mens dit settle as ‘n “verskil van opinie” wat gelei het tot die einde van dit. Ek wil nie involved raak met die politics daarvan nie.

    Appel: Hoe is Litnet Web2.0 compliant? Daar is niks cross-referencing nie, daar is nie eers ‘n friggin log-in section nie!! Tensy hulle dit vrek goed wegsteek weet ek nou darem nie… Een van die beginsels is dat jy darem erens moet kan inlog…

    Ek stem saam dat daar ‘n behoefte is aan videos… local videos… en dan dalk later afrikaanse videos. Daar is nog baie research wat gedoen moet word in daardie veld dink ek.

    Vrekkenyell, hierdie comments is langer as die post. Wil niemand aanskuif na die volgende post? Ek sal die eerste een publish.
    En Appel, Wordpress is nogsteeds beter.

    Ons kat is op hitte, en nou hoor ek hulle skreeue buite my venster. Great. Miaauw miaauw

  15. Johan Swarts

    30|Nov|2006

    lollers

    Appel, jy verstaan duidelik nie wat ek probeer sê nie. Natuurlik was daar baie Afrikaanse blogs voor myne - dis nie die punt nie. Binne die konteks van die internet is daardie aantal blogs belaglik min. Wanneer dit met die Engelse community vergelyk word, is Afrikaanse blogs nog in hulle kinderskoene - en ons is van die eerstes. (Waar “eerstes” = ‘n paar duisend - as dit selfs so baie is)

    ergo: ons is baanbrekers.

    Oordrom gebars? Dis omdat jy WordPress so diss ;)

  16. Swerwer

    01|Dec|2006

    Dankie Uno. Ek stem saam dat Afrikaans geweldig afgeskeep word op die net. Dit is ongelukkig so dat indien jy van SA servers en programmering gebruik maak, jy deur een van die groot maatskappye moet werk. In die UK en USA is programmatuur en hosting teen ‘n appel en ui beskikbaar. Die nasorg diens is ook baie vêr bo SA standaarde.

    In die UK en USA het meeste van die hosting companies dan ook honderde templates waaruit jy kan kies, dit vergemaklik die opstel van jou werf net soveel vinniger.

    Ons in SA is vêr agter wanneer dit by hosting en content management kom. So ook ons taal exposure op die web

  17. Appel

    03|Dec|2006

    Net vir die rekord: die dokter sê my oordrom is nie gebars nie, ek het oordryf, dit is net vuil.


Leave a reply